DRAKENSBERGE MATRIEKTOER

Hoërskool DF Malherbe bied al sedert 1981 hul jaarlikse matriektoer aan vir graad twaalf leerders.

Die toer is ‘n hoogtepunt op DF Malherbe se jaarlikse kalender en ‘n heerlike uitdaging vir die leerders.

Die leerders bly oor by Bergventure in die sentrale Drakensberge waar hul teen die majestieuse berge oornag.

By die Drakensville-kultuuroord neem hul deel aan verskeie aktiwiteite wat insluit: “absailing”, “supertubes” glybane, “foofee slide”, laataand fliek kyk, landskapsverkenning en watervalbesoeke.

Die hoogtepunt is natuurlik die klim van Mount Aux Sources, die Sterkhorn bergpiek en die Tugela-watervalroete.

Die Drakensberge is ‘n besondere stukkie natuur. Dit is ‘n geleentheid wat elke matriekleerder vir die res van sy of haar lewe sal onthou.

Wat ‘n goeie manier om jou skoolloopbaan mee af te sluit!