Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312886
Jy is hier: Tuisblad

1989 REÜNIE 'N REUSE SUKSES PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Arno van Wyk   
1989leerlinge
Lorina Botha (nee Crafford) onderhoofdogter, Stefan Hall (onderhoofseun), Marietjie Geldenhuys (nee Van Wyk) hoofdogter en Guillaume Malan (hoofseun)

Op Vrydag, 24 September, en Saterdagaand, 25 September 2009, het die matrieks van 1989 na 20 jaar weer by hul alma mater byeengekom.

Vrydagaand se funksie in die Roets Sentrum het alle verwagtinge oortref. Tussen 40 en 50 Oudmalherbiete van so ver as Johannesburg, Pretoria en Kaapstad het na die aanvanklike onsekere weersiens al die drade opgetel en tot laat die nag gekuier. Die gees onder hierdie klas was aansteeklik en almal kon nie uitgepraat raak oor hul wedervaringe die afgelope 20 jaar nie.

Aan die einde van die aand het die groep 'n getekende wynbottel met almal se name op as aandenking aan die skool geskenk.

Saterdagaand se spitbraai en dans in die skoolsaal - hierdie keer met die gades by - was net so 'n groot sukses. Daar is weer eens lekker gesels, gedans en heerlik geëet. Almal het seker gemaak dat hul die D.F. Besoekersboek geteken het. Die skool se tydskrif, Malherbiet, is aan almal uitgedeel. Hierdie aand sal seker nog lank onthou word deur almal wat daar was.

Die Hoërskool D.F. Malherbe is besonder trots op hierdie jaargroep!

Spesiale dank aan Deon de Jager en Gerhard van Loggerenberg wat hierdie reunie gereël het. Sonder hul entoesiasme, eindelose geduld en deursettingsvermoë sou hierdie reunie nie so 'n groot sukses gewees het nie.

1989 REÜNIE GALLERY 1

1989 REÜNIE GALLERY 2

1989 REÜNIE GALLERY 3

Baie dankie aan Guillaume Malan en Janine van Loggerenberg wat die foto's verskaf het.

 

 

Laas Opdateer op Woensdag, 04 November 2009 14:41
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960