|
Geskryf deur Debbie
|
|
Die Baldans (Ballroom) Klub by D.F. bestaan nou alreeds drie jaar. Die leerders is baie entoesiasties, hulle geniet dit en leer vinnig.
Dié jaar is Jamie-Lee Venter, in gr 23, die eerste leerder wat haar goue diploma in die danseksamen verwerf het. In dieselfde eksamen het 15 van ons leerders pre-brons,- 7 brons,- en 8 silwer diplomas ontvang.
In Meimaand is die Interskole kompetisie gehou. Tien skole het deelgeneem en D.F. was vanjaar die gasheerskool. Dit was 'n wonderlike geleentheid vir die leerders om met dansers van ander skole kontak te maak en teen hulle te kompeteer. D.F. se dansers was baie trots toe Kim Harris, Gerrit Scholtz, Corné Labuschagne en Mercy Kannemeyer almal na die Pre-Brons finaal deurgedring het. Kim en Gerrit het vierde geëindig en Mercy en Corné het met albei die goue medaljes - in die Baldans en Latyns Amerikaanse afdeling - weggestap!
Mercy het ons verder trots laat voel toe sy en Mägen v.d. Merwe, behalwe bogenoemde prestasie, ook die hoogste punt - 90% - in die Danseksamen behaal het.
Vroeg in September is 'n baie deftige bal gehou. Weereens was D.F. die gasheerskool. Dansers van Grey en Alexander Road Hoër het die aand saam met die D.F. leerders geniet. Dit was 'n pragtige aand en D.F. kan trots voel op al die baldansers!




|
|
Laas Opdateer op Woensdag, 28 Oktober 2009 21:54 |