Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312851
Jy is hier: Tuisblad

Matrieks van 2009 groet PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Debbie   
dscn7869 dscn7868
Barry Kinghorn Toekenning vir die grootste positiewe bydrae t.o.v. Akademie, Sport, Kultuur en Leierskap :
Jacomien Hauman (middel), mnr Hauman (skoolhoof) en mev. Kinghorn
Cornel Bekker Toekenning vir Buitengewone Deursettingsvermoë :
Leoni Davis (links) en mev. Kinghorn

Op Donderdag, 22 Oktober 2009, het die skool op tradisionele wyse afskeid geneem van die klas van 2009.

Tydens die eerste deel van die program – gr. 12- akademiese prysuitdeling – het 53 leerders akademiese toekennings ontvang. Erekleure vir akademie is aan 10 leerders uit die klas van 115 toegeken terwyl 10 leerders meriete vir akademie ontvang het. Twaalf leerders se name sal op die ererol vir akademie aangebring word.

Die onderstaande leerders het spesiale toekenning of trofeë ontvang:

MATRIEKKLAS VAN 1969 BEKER VIR TWEETALIGHEID:
Jeanne Scholtz

D.F. MALHERBE TOEKENNING VIR DIE GROOTSTE LIEFDE VIR AFRIKAANS:
Emma Kotze

HOFFIE WILLIAMS TROFEE VIR DIE GROOTSTE BYDRAE T.O.V. DIE BEVORDERING VAN DIE AFRIKAANSE KULTUUR:
Jacomien Hauman

SCHEEPERS DAMANT TOEKENNING VIR RUGBY EN AKADEMIE
Willem Naude

MELINDA HECHTER TROFEE VIR DIE BESTE STAATMAKER DOGTER
Emma Kotze

CHRIS VENTER TROFEE VIR BESTE STAATMAKER SEUN
Rikus van Eeden

CORNEL BEKKER TOEKENNING VIR BUITENGEWONE DEURSETTINGSVERMOË
Leoni Davis

BARRY KINGHORN TOEKENNING VIR DIE GROOTSTE POSITIEWE BYDRAE T.O.V. AKADEMIE, SPORT, KULTUUR EN LEIERSKAP
Jacomien Hauman

Baie geluk aan al die prys- en bekerwenners!

Tydens die tweede deel van die program is die gebruiklike afskeidsboodskappe van die hoofdogter, hoofseun en die skoolhoof, mnr. P. Hauman, gelewer. Die matrieks van 2009 het ook hul geskenk aan die skool oorhandig. Hierna is van elke leerder afskeid geneem.

Elf van D.F.se voederlaerskole se skoolhoofde en of hul verteenwoordigers het die matrieks wat by hulle in die skool was, ‘n spesiale handdruk gegee. Baie dankie aan die volgende laerskole wat bygedra het om dié geleentheid vir die matrieks iets besonders te maak: Moregrove, Walmer-Wes, Mount Pleasant, Newtonpark, Charlo, Parsonshill, Setlaarspark, Lorraine, Rowallanpark, Verkenner, Môrewag en Sunridgepark.

Vir meer inligting kliek hier


 

 

Laas Opdateer op Woensdag, 04 November 2009 14:39
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960