Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312916
Jy is hier: Tuisblad

HB THOM-ONDERWYSBEURS AAN DF-ONDERWYSER PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Arno van Wyk   


S5001846

 

Die FAK het op 12 November 2009 tydens sy Prestige-aand wat by die Laborie Restaurant in die Paarl aangebied is, die HB en MJ Thom-Onderwysbeurstoekenning aan een van D.F. Malherbe se jong onderwysers toegeken. Port Elizabeth en die hele D.F. Malherbe-gemeenskap in besonder, is geweldig trots op hierdie prestasie van mnr. Francois Roets.

Die HB en MJ Thom-Onderwysbeurs word jaarliks toegeken as motiveringstoekenning aan onderwysers wat deur skoolhoofde en/of ander instansies genomineer word vir hulle buitengewone bydrae tot Afrikaanse onderwys, wat hul leerders se belange op die hart dra en uitsonderlik presteer binne hul onderskeie vak-, sowel as buitekurrikulêre gebiede.

Meneer Roets het aan Gill Kollege gematrikuleer. Daarna het hy sy B.Ed aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit verwerf. In 2005 het hy sy eerste pos aan die Hoërskool D.F. Malherbe aanvaar.

Op vakgebied onderskei mnr. Roets hom as Lewenswetenskappe-, Wiskunde-, Wiskundige Geletterdheid- en Lewensoriënteringsonderwyser. Op buitemuurse gebied leef mnr. Roets hom uit in rugby, atletiek, gholf, baldanse en bergklim.

Meneer Roets is getroud met Martheli - ook 'n onderwyser. Beide was studente aan die NMMU

Laas Opdateer op Woensdag, 18 November 2009 13:57
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960