|

v.l.n.r. Geneveve Deyzel, Emma Kotze, Jeanne Scholtz en Leoni Davis wys met trots hul sertifikate.
Tydens die tradisionele erkenningsfunksie wat op 13 Januarie 2010 gehou is, het die 11 kandidate wat in die Nasionale Senior Sertifikaateksamen 2009 met 'n gemiddelde A geslaag het, hul sertifikate van die skool ontvang. Ongelukkig kon al die presteerders nie die funksie bywoon nie, omdat hulle reeds by hul onderskeie universiteite moes aanmeld.
D.F. het weer eens, soos in die verlede, skitterend presteer.
76 kandidate (66%) het geslaag met toegang tot Baccalaureus Graad- , diploma- of Hoër Sertifikaatstudie
37 kandidate (32%) het geslaag met toegang tot enige Diploma- of Hoêr Sertifikaatstudie
1 kandidaat (0,9%) met met toegang tot Hoër Sertifikaatstudie geslaag.
1 kandidaat (0,9%) het ongelukkig nie geslaag nie.
Benewens bogenoemde topprestasie, was daar ook 140 vakgemiddelde A's!
Baie geluk aan die klas van 2009, hul ouers en onderwysers.
Knap gedaan!
|