|
Geskryf deur Johan Smith
|
|
Interskole teen die Hoerskool Nico Malan van Humansdorp het vir die eerste keer in 1995 ontstaan. hierdie groot gebeurtenis vind vroeg in die derde kwartaal plaas. 'n Groot aantal leerders gaan reeds die Vrydagmiddag Humansdorp toe waar daar deelgeneem word aan vasvra- en redenaarskompetisies, 'n Noot-Vir-Noot-kompetisie asook 'n Flinkdink-kompetisie. Die Vrydagmiddag se sportsoorte waarin daar meegeding word, sluit in: branderplankry, tennis, hengel en gholf.
Die Vrydagaand oornag almal op Jeffreysbaai waarna daar die Saterdag meegeding word in rugby,...

netbal...


....en hokkie.


Baie leerders gaan sommer net saam om hul maats te ondersteun en jonkwees te geniet!

|
|
Laas Opdateer op Donderdag, 17 September 2009 21:10 |