Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312834
Jy is hier: Tuisblad

Omsendbrief 2009-05-06 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johan Smith   

Geagte ouer(s)/voog(de)

‘n Groot Dankie

Ons ouers is vir ons belangrik, en daarom wil ons begin met: Dankie aan al die ouers wat op 22 April 2009 hul dag opgeoffer het ter wille van Hoërskool DF Malherbe. Julle harde werk, toewyding en ongelooflike positiwiteit is waargeneem en word baie waardeer. Ook ‘n spesiale dank aan die twee ouers wat die worsbroodjies en koeldrank geskenk het sodat dit gratis voorsien kon word. Ons is waarlik trots op almal van julle! ‘n Gedagte van Charles Richter: “Moenie wag vir uitsonderlike oomblikke om iets goed te doen nie. Sonder gewone oomblikke uit om dit te doen”. Dankie vir julle!!!

GELUKWENSINGE

Hartlik geluk aan die volgende Malherbiete en hul ouers:

Toneelspelkompetisie:

Emma Kotze en Amari Annandale is gekies om aan die finale rondtes van die Stad Kaapstad Toneelspelkompetisie vir Hoërskool-leerders deel te neem. Dis ‘n puik prestasie, want 558 deelnemers het aan die uitdunrondtes deelgeneem. Diefinale rondtes vind vanaf 21 tot 23 Mei by die Kunstekaap Teater in Kaapstad plaas.

Skole-skeidsregter:

Coenie van den Heever blaas in die Oos-Kaap tweede liga seniorrugbyspanne en in skolerugby-wedstryde. Hy is een van slegs twee skole-skeidsregters.

Karate:

Jannie Joubert het aan die KSA (Karate Suid-Afrika) Nasionale Kampioenskappe in Durban deelgeneem. Hy het in die kata-afdeling ‘n silwer medalje ontvang en in die Kumite ‘n goue.

Seunshokkie:

Leo Hulsman het deurgedring tot die finale rondte vir die o/18 OP Proewe.

Noodhulp:

Die volgende leerders het hul noodhulpeksamen geslaag: Michelle Slabbert, Lirene du Toit, Bianca Liebenberg, Maré Grobler, Wendy Rowan en Cindy Rademeyer.

Fietsry kampioenskappe:

Marinus en Karel Prinsloo het aan die OP Fietsry Kampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem.
Marinus
So/16: 20 km Tydtoets
1ste Plek (Goue medalje)
 5 km Bergklim2de plek (Silwer medalje)
 69 km Padwedren2de plek (Silwer medalje)
KarelSo/14 - 15kmTydtoets2de plek (Silwer medalje)
 1km Bergklim2de plek (Silwer medalje)
 40 km Padwedren 3de plek (Brons medalje

UITSLAE

RUGBYTOER:

DF se o/14 en 0/15-span het aan die Nashua Rugbytoernooi vir Juniors in George deelgeneem. Groot skole soos Affies, Monument, Waterkloof, Paarl Gimnasium, Paarl Boys’ High, HTS Middelburg en nog vele meer het aan die toernooi deelgeneem. Die meeste van die deelnemende skole het ver oor ’n 1 000 leerders in die skool, so DF kan baie trots voel op hul vertonings. DF het hul wedstryde verloor. Die uitslae was:

RUGBY DF Malan Diamantveld Centurion
Brackenfell Bellville
o/14 verloor 5-12 verloor 12-17 verloor 12-17  
o/15 verloor 0-17   verloor 12-45 verloor 12-24

RUGBY:

RUGBYDF vs CilliéDF vs Alex
o/14A
verloor 15-17
wen 38-5
o/15Awen 10-0
wen 21-7
3deverloor 7-27wen 17-7
2de
wen 14-7
wen 10-0
1stewen 11-3
verloor 3-6

 

NETBAL:

NETBALDF vs Cillié
DF vs Brandwag
DF vs King David-toerspan van Johannesburg
o/14A wen 6-3 verloor 9-12 
o/14B wen 13-5 gelykop 10 elk 
o/16A wen 14-4 verloor 10-19 wen 34-1
o/16B wen 11-8 verloor 8-25 
o/16C  verloor 12-17 
o/16D  verloor 6-13 
o/19A verloor 14-23 verloor 16-27wen 34-1
o/19B wen 14-8 verloor 6-20wen 11-3
o/19C  verloor 10-16 
o/19D  verloor 10-15 

 

Die o/16A netbalspan het aan ‘n toernooi deelgeneem te Framesby. Ander skole wat deelgeneem het was Linkside, Pearson, Brandwag, Framesby en Nico Malan. DF het in die tweede plek geëindig.

 

MUURBAL:


DF vs Collegiate
MUURBAL verloor 5-10

DOGTERSHOKKIE:

DOGTERSHOKKIEDF vs HarvestDF vs Linkside
DF vs VGHSDF vs Brandwag
Openingstoernooiverloor 1-4 0-0
verloor 0-1
verloor 0-2

 

DOGTERSHOKKIEDF vs Framesby DF vs King David van Johannesburg
1ste spanverloor 0-2 wen 13-0

 

SEUNSHOKKIE:

SEUNSHOKKIEDF vs GreyDF vs King David van Johannesburg
1ste spanverloor 0-4 verloor 0-3
o/16  wen 1

DEBAT:

Die Junior span bestaan uit Marizanne Pienaar, Christene du Toit en Toschka Bernardo het deurgedring na die volgende rondte. Hulle sal op 22 Mei die Oos-Kaap in ‘n interprovinsiale debatskompetisie teen die Suid– en Wes-Kaap in Wellington verteenwoordig.

MTN—MINI-YSTERMANKOMPETISIE:

SKOLESPAN: Die span bestaande uit Maryna Slabbert, Marinus Prinsloo en Bennie Bellingan het die kompetisie in 60 min 35 sek voltooi. Hulle het vierde geëindig. (Die ander drie spanne het net uit seuns bestaan.)

SKOLE VROUESPAN: Die span bestaande uit Zuandré Willemse (Gr 8), Aleesha Gerber(Gr 10) en Juf. Carstens het derde geëindig.

LANDLOOP:

Eerste liga-byeenkoms (Otto du Plessis). o/14 Seuns: Johannes Senekal
1ste en Corné Labuschagne 3de. Seuns o/17: Bennie Bellingan - 2de plek (hy doen die
6.19 km in ‘n gemiddelde tyd van 3:34 per kilometer). Dogters o/16: Nikki de Ridder -
3de en Marolene Gouws - 4de. Dogters o/17: Meake Brown 4de.

BRANDERPLANK:

Carl Barnard het deelgeneem aan die SA Grommet Branderry
Kampioenskappe by Pollock Strand in Port Elizabeth. Carl se OP Span het die Beste
Span Trofee gewen. Carl het die 4de plek behaal in die “Paddle Battle” en 2de in die
finaal seuns o/16 Individuele Branderry Kompetisie.

PADWEDLOOP:

Nikki de Ridder het deelgeneem aan die Anibrand Fees 5km. Sy was
derde onder die meisies met ‘n tyd van 24min 19 sek. Sy het ook aan die Spar Ladies
Race 5km deelgeneem met ‘n tyd van 24 min 39sek.

 

DR ALET VENTER – SIELKUNDIGE

24 Julie – Praatjie met dogters by skool 10:30
Mev Verenigde Nasies 2008 kom na Port Elizabeth om met dogters te gesels oor wat die impak is om vroeg
seksueel aktief te wees en hoe om die emosionele druk te hanteer.

Dr Venter wil graag die Saterdag met die ma’s praat en ons beplan ‘n vrouetee op 25 Julie – by “La Coline”
09:00. Kaartjies R80 elk. DFM kry alle winste.

Die nuwe lokaal “La Coline” in Montmedyweg 151, Theescombe word die oggend gratis aan ons gegee.

Kontak persone vir kaartjies :
U klasverteenwoordiger, of
die skoolkantoor, of
René 083 3744310
of Marisa 082 4936258

KOM DEEL IN ‘N BAIE INTERESSANTE GELEENTHEID!!!
MAKIETIE
Om saam te val met ons sportnaweek teen Gill is daar ‘n ander “eerste”. Die Hervormde Kerk gaan
naamlik op Vrydag 29 en Saterdag 30 Mei ons terrein huur vir hulle makietie - ’n basaar soos DF glo
nog nie gesien het nie. Die reëling is dat hulle vir ons OOV die bedrag betaal wat ons reken ons sou
kon insamel as ons die Saterdag kermis sou hou. Ons kry m.a.w. ‘n inkomste met geen moeite vir ons
hardwerkende OOV nie. Ons maak dus staat op u ondersteuning - hulle gaan bv. die Vrydagaand
potjiekos verkoop, ‘n boeredans hou en die Saterdag sal daar ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees.
U kan die kerkkantoor skakel (041 3636175) vir potjiekos- en danskaartjies, en daar sal waarskynlik
ook by die skool kaartjies beskikbaar wees. Ondersteun hulle asseblief — hulle ondersteun ons!!!


BELANGRIKE DATUMS VIR DIE 2DE KWARTAAL (Hersiene weergawe)

Mei  
2 Rugby/Netbal vs Alexander Road (T)
4-5 Laerskool besoeke
5 Tennis - Dogters 1ste span vs Linkside (T), 2de span loslootjie
6 Foto’s
  o/16 S/Hokkie vs Grey 5 (W), 1ste span vs Grey 4 (W)
  PEHS Landloop Liga 2 te Gelvandale sportterrein
7 D/Hokkie o/14 Beginners vs Nico Malan (T), o/16 Beginners vs Strelitzia (T)
  Tennis - Seuns 1ste span vs Despatch (W), 2de span vs Morningside (T)
8 Bloedskenk
9 Netbal vs Framesby (T) en D/Hokkie 1ste span vs Harvest (T), 2de span vs
  Alexandria (T) en o/16A vs Linkside (T). Baldans Interskole DF Saal
  Rugby vs Humansdorp Sekondêre Skool (W)
12 Eenbedryfaand
  Tennis - Dogters 1ste span vs Alex. (W), 2de span vs Collegiate (T)
  Rugby vs Itembelihle (T)
13 PEHS Landloop Liga 3 te Framesby
  Netbal vs Alex. (T)
  o/16 S/Hokkie vs Grey 6 (W), 1ste span vs Grey 4 (W)
14 DF Malherbe Gedenklesing
  Tennis - Seuns 1ste span en 2de span loslootjie
  D/Hokkie o/16B vs Gelvandale (T), o/14 Beginners vs Pearson (W), o/16
  Beginners vs HTS Newton (W)
15 Stelwerk eksamen. Kabaret met Coenie de Villiers
16 Rugby / Netbal / D/Hokkie / S/Hokkie vs Westering (T)
19 Tennis - Dogters 1ste span vs Harvest (T), 2de span vs Brandwag (W)
20 Graad 7 oueraand
  PEHS Landloop Liga 4 te Otto du Plessis
  o/16 S/Hokkie vs Woolhope, 1ste span vs Bertram
21 Netbal vs Linkside. Voorafnooi oefening. D/hokkie o/16B vs Bergsig (W),
  o/14 Beginners vs Despatch (T), o/16 Beginners vs Andrew Rabie (W)
  Tennis - Seuns 1ste span vs Kirkwood (T), 2de span vs Daniël Pienaar (T)
21-23 Toneel: Finale rondtes Kaapstad
22-23 Debat (halfeindrondte) Wellington. Voorafnooi oefening
23 Rugby /Netbal / D/Hokkie vs Despatch (W)
26 Tennis - Dogters 1ste span vs Despatch (W), 2de span vs Alex (W)
27 O/16 S/Hokkie vs Muir (W), 1ste span vs Woodridge (W)
28 D/hokkie o/16B vs Westville (W), o/14 Beginners vs Collegiate (W), o/16
  Beginners vs Nico Malan (T)
  Tennis - Seuns 1ste span vs St Dominics (W), 2de span vs Westview (W)
30 Rugby /Netbal / D/Hokkie vs Gill (T)
Junie 

1

Eksamen begin
3 o/16 S/Hokkie vs Alex (W), 1ste span vs Bethelsdorp
5 Redenaars Halfeindrondte
6 Rugby vs HTS Newton (W), D/hokkie 1ste en 2de vs Volkskool (w)
24 Koffiekroeg
26Skool sluit

 

ONDERSTEUNING GEVRA

Ons is ook gevra om u in kennis te stel van die Vereniging vir Serebraal Gestremdes
se kermis ten bate van Hoërskool Kaap Recife. Dit word gehou op 30 Mei. Daar is
‘n 5km pretdraf, honde-vertoning, helekopter-ritte, ens. En daar is ook ‘n lootjieskompetisie
(R5.00 kaartjies) met groot pryse wat gewen kan word.


Gedenkweek

Saam hiermee kry u ook ‘n kennisgewing oor ons Gedenkweek Ons hou dit so na
moontlik aan die verjaardag van prof. dr. DF Malherbe om hom te huldig, en om
ons liefde vir Afrikaans op te skerp. Die leerders se eenbedrywe is altyd iets
besonders, ons was bevoorreg om ‘n kleinseun van prof. Malherbe te kry vir die
Gedenklesing, en Coenie de Villiers bly ‘n baie gewilde kabaret-kunstenaar.
Dié week is jaarliks ‘n hoogtepunt op ons kalender, en ons wil u uitnooi om dit te
ondersteun. Dankie ook aan die OOV en leerders wat reeds baie hard hiermee
gewerk het!


Personeel
Mnr Coetzee het aan die einde van verlede kwartaal bedank, en mev A Jonker is in sy
plek aangestel.
Een van ons werkers, Josephine Stofile, het afgetree na 28 jaar by DF. In haar plek is nog
nie ‘n aanstelling gemaak nie - me Maranda Lose help tydelik uit.
Baie dankie aan dié twee personeellede vir dit wat hulle hier by DF gedoen het!


My School-projek
Ons fondse staan op R232.43 vir die maand teenoor verlede maand se R153.19.
Ons wil dankie sê aan al die ouers wat hierdie projek moeiteloos ondersteun.


LAPA - boeke (ATKV)
In die week van die 11de tot 15de Mei sal daar vanaf 07:30—15:30 ‘ n boekeuitstalling
in die Biblioteek wees. Dit vorm deel van die lees-veldtog, en val saam met
ons Gedenkweek. Leerders gaan ook die geleentheid kry om karakters uit
voorgeskrewe boeke voor te stel. Kom besigtig gerus en maak.

BEHEERLIGGAAM
Die vereistes vir Akademiese ere– en merietekleure is hersien en deur die Beheerliggaam
goedgekeur. Ingesluit die hersiene dokument vir u aandag.
Dwelms: Die Beheerliggaam het ook besluit om van tyd tot tyd leerders - op ‘n lukrake wyse
gekies - te laat toets vir die gebruik van dwelmmiddels. Indien u hiermee ‘n probleem het, moet
u asseblief u besware vóór 25 Mei 2009 skriftelik indien. U skrywe sal vertroulik hanteer word.


DANKIE (Nog ‘n grote)
Baie dankie aan die groot aantal ouers, oupas, oumas, ooms, tannies ... wat die
VCSV basaar ondersteun het. Dankie vir u donasies en u baie harde werk — dit
was ‘n groot sukses en ‘n rekord-bedrag van by die R14 000 is ingesamel. Dankie
— u is sterre!! Ons groot dank gaan laastens ook aan ons Hemelse Vader deur wie
ons so geseën is.


GOUE GEDAGTES
Die lewe word nie gemeet aan hoeveel keer ons asemhaal nie, maar hoeveel keer
ons asem weggeslaan word.

 

Dankie vir u aandag!
Vriendelike groete



P. HAUMAN
SKOOLHOOF

Laas Opdateer op Vrydag, 19 Junie 2009 09:30
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960