Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312880
Jy is hier: Tuisblad

Landloop PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johan Smith   
Landloop


Slegs 'n klein groepie atlete van ons skool beoefen landloop, maar dinamiet kom in klein pakkies. Ons atlete presteer geweldig goed. Daar word gereeld 3 of meer atlete elke jaar in die O.P.-landloopspan opgeneem. By ligabyeenkomste eindig ons atlete gereeld onder die 1ste tien deelnemers. Die leerders wat deelneem, is entoesiasties en ontvang professionele afrigting.

Afrigting word deur Leonardo de Villiers, 'n gewese O.P.-atleet, gedoen. Sewe van sy atlete het in 2006 die O.P.-span gehaal. Vir die atlete wat minder goed presteer, maar tog graag aan die liga-wedlope wil deelneem, is daar afrigting deur Alet Carstens, ook 'n gewese O.P.-padatleet, wat nog aktief deelneem aan die sport.

Behalwe vir ons weeklikse landloopwedlope wat by verskillende sport-terreine plaasvind, neem ons ook deel aan wedlope buite die skool. Ons atlete gaan ook jaarliks na Knysna om aan die wedlope by die Oesterfees deel te neem.

Ané Ferreira het tydens die OP Landloopkampioenskap 'n silwer-medalje gewen. Daar is ook deelgeneem aan 'n 2 x 4 km afloswedloop te Framesby. Die dogters A-span behaal 'n derde algehele plek. Ané Ferreira het die derde vinnigste tyd van die dogters behaal. Die seunspan behaal 'n algehele 9de plek. Ané Ferreira en Marolene Gouws is ook vir die Metropool-span verkies.
Laas Opdateer op Vrydag, 12 Februarie 2010 09:09
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960