Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312914
Jy is hier: Tuisblad

Meisieshokkie PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johan Smith   
Hokkie

DF kom 'n ver pad met hokkie.
Hokkie by die Hoërskool D.F. Malherbe het voorwaar 'n ver pad gevorder.
In 1996 is een onervare span in die vyfde liga ingeskryf. Tien jaar later spog die skool met sewe spanne en 'n eerste span wat met die groot name saamgesels.

Die eerste hokkiespan het vanjaar 'n baie suksesvolle seisoen beleef. Ná drie jaar in die tweede liga het die span vir die 2006-Premierliga ingeskryf.
Kragte is gemeet met van die sterkste hokkieskole en die D.F.-spelers het deurgaans beïndruk met aanskoulike spel en uitstaande vaardighede.

'n Hoogtepunt was 'n suksesvolle toer na Kaapstad, 'n naelskraapse nederlaag van 2-1 teen Nico Malan tydens die jaarlikse interskole en 'n gelykopuitslag teen die hoogaangeskrewe Victoria Park.



HOKKIEKURSUS 2007

DF hokkie het hierdie jaar voorwaar op 'n goeie noop afgeskop toe daar 'n hokkiekursus vir die eerste en 0/16 meisies hokkiespannie gehou is. Die kursus is aangebied deur die uitstekende hokkieafrigter, Rona, van die Hoërskool DF Malan in die Kaap.

Die dag is afgeskop met 'n oefening wat die spelers se tonge behoorlik op die grond laat sleep het. Daarna, toe die meisies behoorlik moeg was, het Mev. Vosloo (die juffrou in beheer van die hokkie) vir die meisies 'n oefening onder die spreiligte op NMMU se astro gereël. Selfs al was die meisies doodmoeg na die dag se oefening by die skool, het hulle die astro met entoesiasme en hope energie aangepak.

Die volgende dag het die meisies douvoordag opgestaan en die hokkieveld nogmaals, met stywe bene en arms, maar met nuwe entoesiasme aangepak. Die meisies het definitief die kursus geniet en het baie geleer.

Voorwaar 'n stewige fondament waarop DF sy hokkie kan voortbou!
Laas Opdateer op Vrydag, 12 Februarie 2010 09:22
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960