|
Geskryf deur Arno van Wyk
|
|
Al die graad 12's het op die laaste dag van hul eksamen komplimentêre lidmaatskap vir 'n jaar van die Oudleerderbond ontvang.
Welkom aan al die nuwe oudleerders!
Op die jongste bestuursvergadering van die Oudleerderbond is daar besluit om die ledegeld vir 2010 op R100,00 vas te stel.
Alle nuwe lede sal 'n lidmaatskapkaart met sy/haar unieke nommer ontvang Lede kan gratis alle sportbyeenkomste van die skool bywoon. Toon net die kaart by die ingangshek.
Ingeskrewe lede sal ook 50% afslag kry op alle funksies wat die Oudleerderbond aanbied Die bestuur is tans besig om vir spesiale afslag vir lede by spesifieke besighede te onderhandel. Besighede wat ons op hierdie manier steun, se name sal op die webtuiste aangebring word. Hou hierdie spasie dop!
Ons vertrou dat ons 'n rekordgetal nuwe lede in 2010 sal werf!!!
Kliek hier vir lidmaatskapvorm
|
|
Laas Opdateer op Maandag, 07 Desember 2009 13:08 |