|
Geskryf deur Johan Smith
|
|
Projek vir 2009 Die skool het die volgende behoeftes aan ons bekend gemaak. Klaskamers: Daar bestaan ‘n groot behoefte om DF se klaskamers in te rig volgens die behoeftes van die VOO- en UGO-onderwys. Die komitee beoog om voor die einde Mei vir julle te wys wat beplan word in die verband. Die planne/ sketse wat opgestel word, is vir nuwe kaste agter in die klaskamers waar die onderwysers die leerders se take en lêers ordelik kan berg asook om die klaskamervloere te vernis. Verdere planne is om die klaskamers uit te verf en die tafels en blindings skoon te maak. Ons nooi byvoorbaat die klas van “1960”/ “1975”/ “1987”/ “2004” ensovoorts om ‘n klas as ‘n projek te identifiseer en dan verantwoordelik te wees vir die insameling van fondse om die klas op te gradeer. Die klas gaan dan bekend staan as die ”1987” klaskamer. Die persone wat bygedra het (enige bedrag of hulp) om die opgradering moontlik te maak, se name gaan aangebring word in die klaskamer. Ons nooi almal uit om van hierdie groot projek vir 2009 ‘n sukses te maak. Die komitee is verantwoordelik dat die werk op ‘n hoë standaard afgehandel word.
ANDER BELANGRIKE PROJEKTE VIR DIE TOEKOMS: 1.
| Rekenaarlokaal | | 2. | Rekenaars in biblioteek | 3.
| Orkes
| 4.
| Dieter Scholz beursskema
| 5.
| Borge
| 6.
| Kultuur-en sportafrigting
| 7.
| Instandhouding/ onderhoud
| 8.
| Meriete beurse
| 9.
| Grasvryheidstudies/ restaurant
| 10.
| Leerdersentrum
| 11.
| Reunies
| 12.
| “Perimeter Fence” / Omheining van die skool
|
|