Vrydag, 10 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 314294
Jy is hier: Tuisblad

Debat PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johan Smith   
Debat


Die Redenaars - en Debatsvereniging is baie bedrywig en neem gereeld deel aan interne, streeks-, provinsiale en nasionale kompetisies.

Ons redenaars en debatteerders tree met groot sukses op.  Die afgelope tien jaar het 2 leerders: Tinarie van Wyk-Loots en Jaco Ferreira die nasionale ATKV - Redenaarskompetisie gewen.  Hulle was dus die beste redenaars in die land.

DFM Leerders wen gereeld metropolitaanse, streeks - en, interprovinsiale kompetisies, bv.

2005 Junior en Senior Debatspanne wen streeks -nasionale, provinsiale en interprovinsiale kompetisies en dring deur na finale en nasionale ronde op Rustenberg.
Wen Interskole debat teen Hoërskool Nico Malan
Wen Tussenskoolse (Metropolitaanse) Redenaarskompetisie
Bied Die Burger se Dink-of-Sinkdebat aan
3 Redenaars was wenners by die streekskompetisie

2006 Senior Debatspan dring deur tot na die finale en nasionale ronde in Bloemfontein
Wen Interskole debat teen Hoërskool Nico Malan
2 Redenaars was wenners by die Streekskompetisie

D.F. Malherbe bied gereeld namens die ATKV die streeks- en provinsiale Redenaars en Debatskompetisie aan.

Die Malherbiete word afgerig deur die ervare Adéle Bosch wat ook 'n gekwalifiseerde beoordelaar is.

Daar word jaarliks 'n opleidingskursus vir nuwe redenaars en verskeie interne kompetisies gehou.

Die Redenaars - en Debatsvereniging slaag beslis uitmutend in sy doel om ons leerders voor to berei om met selfvertroue voor 'n gehoor op te tree, logies en op hul voete te dink.

Op Saterdag, 3 Maart, is die ATKV - Debatkompetisie by DF Gehou.  Hierdie is die grootste kultuuraktiwiteit wat by ons plaasvind as 'n mens die belangrikheid van die kompetisie en die deelname van ander skole in ag neem.  Amy Rheeder en Lindy Scott het daarin geslaad om vir die derde agtereenvolgende jaar hul OP-Kleure te verwerf.  Hulle gaan aan die Interprovinsiale rondte deelneem.  Die drie juniors, t.w. Ruan Koen, Annika Theron en Amari Annandale, het ook hulle debat teen Framesby gewen en algeheel derde geëindig.

Baie dankie aan al die Patatters vir al hul harde werk en ondersteuning.  Dankie veral aan Juanita Petzer en Jaco-Louw Wolmarans vir die verversings en aan Petrus Roets, Kristine Dutton, Lindy Petzer, Ulrich Rademeyer, Marné Nel, Roné Jordaan, Karien Gerber en Nicholene de Jager was as beamptes opgetree het.

DINAMIESE DEBUUT DEBATSPAN
Drie graad 9 - Malherbiete: George Booysen, Simoné Gouws en Lise Crause het dit reggekry om sonder dat hulle nog ooit voorheen 'n formele debat bygewoon, of daaraan deelgeneem het, deur te dring na die interprovinsiale rondte tydens die Junie-vakansie in Kuilsrivier.  Verder is hulle debat ook as die beste debat van die kompetisie aangewys.
Hiermee het hulle DFM se trotse debatstradisie voortgesit.  Die afgelope vier jaar het vyf van ons debatspanne die Oostelike Provinsie in die interprovinsiale kompetisie verteenwoordig.  Voorwaar 'n besondere prestasie!

Laas Opdateer op Donderdag, 17 September 2009 21:18
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960