Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312868
Jy is hier: Tuisblad

Eenbedrywe/Musiekblyspel PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johan Smith   
Eenbedrywe / Musiekblyspel

Ons jaarlikse eenbedrywe-fees is op 16 Mei 2007gehou.  Daar was 7 stukke wat deur graad 10-,11- en 12-leerders geregisseer is.  Daar was 'n minimum van 100 leerders op die verhoog of agter die gordyne.
Dit was ongelooflik om te sien hoeveel nuwe deelnemers daar was, ook op die verhoog.  Die hooforganiseerder van vanjaarse eenbedrywe was mev. A.Hobson.

Die volgende toneelstukke is opgevoer:
My te slim vriendin
Geskryf deur: Elsie Dippenaar en Elzahn Keyser
Regisseurs: Elsie Dippenaar en Elzahn Keyser
Oh' my mxit!
Geskryf deur: Ulrich Rademeyer
Regisseur: Ulrich Rademeyer
Liewe Kersema
Geskryf deur: Elize van Wyk
Regisseurs: Misha du Toit en Kay-Leigh Pike

Die Poppemeester
Geskryf deur: Dennis Noble
Regisseur: Emma Kotze

Katriena
Geskryf deur: Liesl Scheepers
Regisseur: Liesl Scheepers

Binnekan Buite / Onderste Bo
Geskryf deur: M. Scanlam
Regisseurs: Esther en Roné McFarlane

As Nefie kom kuier
Geskryf deur: Gerhard Beukes
Regisseurs: Karlien Mathee en Lindy Scott

Die wenners van die aand was:

Beste akteur: Tertio Esterhuysen
Tweedebeste akteur: Ulrich Rademeyer
Beste aktrise: Roné McFarlane
Tweedebeste aktrise: Jani van Wyk
Beste stuk: Binnekand Buite / Onderste Bo
Tweedebeste stuk: Die Poppemeester
Derdebeste stuk: As nefie kom kuier
Vierdebeste stuk: Liewe Kerema

Die beoordelaars, mnr. en mev. Thiart, sê hulle was beïndruk met die kreatiewe regie-werk en die gemaklike toneelspel.  Mev. Hobson sê ook sy was baie gelukkig met die sewe stukke en dat ons iets begin en voltooi het, dat on kreatiwiteit en denke rondom die werk verblydend was, en dat ons almal "stars" was.

Ek was self betrokke by die moderne stuk "Oh' my mxit".  Dit was die pretigste stuk van die aan en ek voel baie geëerd om betrokke te wees by die eenbydrywe en as nuweling 'n hoofrol te kom vertolk.

Bovermelde beste werke word nou ingeskryf vir die ATKV-toneelfees.  Die word gehou vanaf 30 Junie tot die 1 Augustus in die Saroy-Heese gespeel.
Die aand se tweedebeste werk, Die Poppemeester, sal ook opgevoer word by die Gewereld Martiz Hoërskool-kompetisie.  Daar lê dus nog baie harde werk voor.  Ons wens almal sterkte toe!

Deur: Mujaaihied Williams

Breek n' Been 2008
Die spoke in die Operahuis was vir drie dae tjoepstil terwyl 84 Malherbiete die musiekblyspel, “Breek ‘n Been” op die planke gebring het. Dit was voorwaar ‘n treffer. Iets waaroor nog lank gepraat gaan word.




Laas Opdateer op Maandag, 17 Mei 2010 06:58
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960