Maandag, 06 September, 2010
Opsies
Statistieke
Inhoud Trefslae : 312845
Jy is hier: Tuisblad

Klub 54 PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Johan Smith   

Klub 54:

Klub 54 – so genoem omdat ons skool vanjaar 54 jaar oud is.  Die klub is in 1995 gestig toe die skool 40 jaar oud geword het.

Klub 54 is ‘n unieke geleentheid waartydens leerders toegang kry tot die neem van interessante aktiwiteite tydens skoolure.

Gedurende die tweede kwartaal word professionele aanbieders genooi om aktiwiteite tydens die Klub 54-periode op sekere Donderdae, by die skool te kom aanbied.

Die idee is dat die leerders geleentheid kry om ‘n verrykende vaardigheid te kan aanleer of te bemeester.

Soos op die foto’s gesien kan word, is die aktiwiteite uiteenlopend van aard en uiters gewild onder die leerders.  Daar word elke jaar met afwagting daarna uitgesien.

Leerders kon hierdie jaar kies tussen ‘n verskeidenheid kreatiewe aktiwiteite soos bv. Pewterklasse, Mosaïek, Kalligrafie, “Canvas Art”, Teken en Skilderklasse en loodglas-klasse.

Skoonheidsorg, nogal gewild onder die meisies, asook psigometriese toetsing en heelbreinontwikkeling-klasse is deur gekwalifiseerde aanbieders aangebied.

Leerders wat meer aktief is, kon kies uit aktiwiteite soos Tae Kwandu en Tae Bo en ook selfverdedigingsklasse.  Daar was ook skeidsregtersklasse vir ons hokkiespanne waarna die leerders die skeidsregterseksamen afgelê het.

Hierdie jaar het ons die dosente en studente van NMMU betrek. Die studente het bewegende robotte kom demonstreer in die aktiwiteit “Playing on the Cutting Edge.”  Die Fisika Departement se prof. Neethling, het die geheime van die korrelbed reaktor met die leerders kom deel.

Ons glo dat Klub 54 bydra tot die unieke karakter van die Hoërskool D.F. Malherbe.











Laas Opdateer op Maandag, 21 September 2009 21:19
 

Malherbiet van die Week

SSA42346

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

Presteerder van die Week

SSA42349

Kliek om meer te lees...

pastarchivesArgief

skud

Inskrywingsvormnew

Matriek1990

Matriek1960