|
HOëRSKOOL D.F. MALHERBE
Tel.: 041-5813145 E-pos:
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Faks: 041-5813118 Datum: 5 Augustus 2009
**********************************************************************************************************
Faks: 041-5813118
GELUKWENSINGE
Hartlik geluk aan die volgende Malherbiete en hul ouers:
KRIEKET: Marizanne Kapp is aangewys as die O.P. se Vroue Krieketspeler van die Jaar.
KARATE: Jannie Joubert het in Algiers aan die UFAK kompetisie as lid van die Protea-span deelgeneem. Hy het uitstekend gevaar en was die enigste Suid-Afrikaner wat `n medalje kon wen - en nie net een nie, maar twee: 'n silwer in die Kata-afdeling en 'n brons in die Kumite-afdeling.
MEISIE—HOOFLEERDERS:
Baie geluk ook aan ons twee meisie-hoofleerders met die volgende groot prestasies: Emma Kotze is gevra om die SAOU se skoolhoofdesimposium (ongeveer 750 skoolhoofde van oor die hele land) toe te spreek, en Jacomien Hauman het gehoor dat sy die Voortrekkers se Presidentsverkenner-toekenning gaan kry.
OOV
Baie dankie vir u ondersteuning, en vir die OOV pa’s en ma’s se harde werk, tydens ons sportdag teen Otto.
Soos verlede jaar gaan daar weer ‘n Geesbou-Fees voor die Interskole wees: Op Donderdag 13 Augustus moet u asseblief skool toe kom om u aandete hier te kom koop en dan ook die “Groot Brag” by te woon.
INTERSKOLE
Ons sal die program vir u deur gee sodra dit gefinaliseer is.
KUNS
Leerders wat belang stel om kunsklasse te neem moet asb. hul name by die kantoor kom ingee. Dit sal ná skool-ure by DF aangebied word onder leiding van me René Brisley, en kos R300 per kind per kwartaal. (NB: Dit is nie kuns as vak nie; slegs praktiese klasse.)
Vriendelike DF groete
SKOOLKALENDER—2010
Kwartaal 1 - (11) 13 Jan - 26 Maart
Kwartaal 2 - 12 April - 9 Junie
Kwartaal 3 - 13 Julie - 23 September
Kwartaal 4 - 04 Oktober - 10 Desember
Publieke en Skool vakansiedae
1 Januarie - Nuwejaarsdag 16 Junie - Jeugdag
21 Maart - Menseregte dag 9 Augustus - Nasionale Vrouedag
22 Maart - Publieke vakansiedag 24 September - Erfenisdag
2 April - Goeie Vrydag 16 Desember - Versoeningsdag
5 April - Familiedag 25 Desember - Kersdag
26 April - Skool Vakansiedag 26 Desember - Welwillendheidsdag
27 April - Vryheidsdag
1 Mei - Werkersdag
BEHEERLIGGAAM
Met die onlangse Beheerliggaam-vergadering is die volgende ampsdraers verkies:
Prof Jean Greyling - Voorsitter
Mnr Stephen de Ridder - Onder Voorsitter
Me R Scholtz - Sekretaresse.
Ons wens hulle alles van die beste toe met die werk wat op hulle wag.
GOUE GEDAGTES
Kennis is horisontaal en jy kan dit uitbrei deur na alle kante meer en meer te leer; maar wysheid is vertikaal. Dit is ‘n geskenk van Bo wat jy in antwoord op gebed ontvang.
BILLY GRAHAM
KARATE: Clifford Alberts het in Mosselbaai aan Karate deelgeneem en verwerf brons in kata en silwer in Kumite. Jannie en Marizanne Joubert het in die SA Span in Gabarone, Botswana deelgeneem. Jannie het `n goue medalje in die Kumite en Marizanne goud in beide Kata– en Kumite-afdeling verkry. Jannie het ook sy tweede swart gordel (Nidan) verwerf.
PADWEDLOOP: Benjamin Bellingan het aan die Oesterfees padwedloop in Knysna deelgeneem. Hy behaal die 8ste plek in die 5km wedloop in 17min 23 sek en die 2de plek in die straatmyl (1,6km).
NOODHULP: Bianca Liebenberg het haar vlak 3-kursus in Noodhulp geslaag.
SKAAK: A-span wen teen Alexander Road 6-1 en die B-span verloor teen St. Marks 3-4. DF vs Despatch: 1ste span wen 6-1. DF vs St. Georges: 2de Span wen 5-2
RUGBY: DF vs Otto du Plessis: o/14 wen 27-14, o/15 verloor 0-30, 4des wen 15-14, 3des verloor 0-27, 2des verloor 3-6 en die eerste span speel gelykop 6-6. DF vs
Pearson: o/14 wen 27-5. o/15 verloor 5-34. 4des wen 22-7. 3des verloor 10-18, 2des verloor 10-12 en die eerste span verloor 3-13.
NETBAL: DF vs Otto du Plessis: o/14A wen 18-1, o/14B wen 12-9, o/16A wen 25-14, o/16B wen 8-7, o/16C verloor 8-10, o/19A wen 19-14, o/19B wen 15-4, o/19C wen 19-5. DF vs Pearson: o/14A speel gelykop 16 elk, o/14B wen 11-7, o/16A wen 26-11, o/16B wen 7-6, o/16C wen 10-4, o/19A verloor 11-18, o/19B verloor 12-16 en die o/19C wen 17-5.
DOGTERSHOKKIE: DF vs Brandwag: o/14A verloor 0-1, o/16 Beginners verloor 0-2, o/16B verloor 0-1, o/16A verloor 0-2, 2des verloor 0-2 en die eerste span verloor 1-2. DF vs Framesby: o/16A speel gelykop 0-0, o/16 B verloor 0-1 en 2des speel gelykop 1-1. DF vs Pearson: o/14 verloor 0-1, o/16 Beginners verloor 0-5, o/16A speel gelykop 0-0, o/16B verloor 0-5, 2des verloor 0-12 en die eerste span verloor 0-2.
SEUNSHOKKIE: DF vs Grey: o/16 verloor 0-3. DF vs Framesby: Die eerste span speel gelykop 1 elk. DF vs DP: wen 2-0. DF vs Theodor: gelykop 0-0. DF vs Pearson: o/16 speel gelykop 0-0 en die eerste span verloor 0-5.
DRAMA: Die gewilde tiener musiekblyspel Breek `n Been, uit die pen van Danie Matthee was onlangs weer op die planke. Vanjaar is een van die romantiese hoofrolle deur Darné Claassen vertolk wat ook verlede jaar die verhoogbestuurder van die produksie was. Ander Malherbiete wat rolle gehad het was Louis Keyter, Leigh-Ann Bain, Talana
Matthee, Karlien Nell, John George van Eck en Cornelius Greyling.
MODELWERK: Marli-Lu van Vuuren het aan `n model-kompetise deelgeneem. Sy is as wenner aangewys uit dertig deelnemers in die ouderdomsgroep 13-15. Samantha
Ferreira het 3de gekom in die mnr/mej “King and Queen” model kompetisie in Port Elizabeth.
LANDLOOP: Die laaste liga-wedloop het by Pearson plaasgevind. Dogters o/15 : Raylene Windvogel in die 7de plek. Dogters o/16: Aleesha Gerber 3de, Marolene Gouws 4de en Nikki de Ridder 7de. Dogters o/17: Meake Brown 7de. Seuns o/14: Corné Labuschagne 7de en Johannes Senekal 10de. Seuns o/17: Bennie Bellingan 4de. Die o/16 en o/17 dogters eindig derde in die spankompetisie gehou te Otto du Plessis.
UITSLAE
TENNIS: DF vs Collegiate: Eerste span wen 8-2. DF vs Cillié: Tweede span verloor 1-8. Wessel Claassen en Jon-Marc Pike was onoorwonne in hulle dubbels wedstryde die afgelope winterliga.
MUURBAL: DF vs Kirkwood: Ruan van Wyk het sy wedstryde gewen 3-0. DF verloor 3-12.
DF TONEEL
ATKV: Drie toneelstukke is ingeskryf vir die ATKV Tienertoneel Oos-Kaap streek. Ses toneelstukke is opgevoer waarvan Hoërskole Framesby, Daniel Pienaar en Lady Grey Kunste Akademie vir die ander drie gesorg het. DF se toneelstuk “Wie”? is eerste geplaas in die Oos Kaap streek en die toneelstukke “Wat dink jy doen jy?” en “Loop-K-ringe” gesamentlik derde. Altesaam 37 leerders was in die drie stukke betrokke. Die volgende leerders het Silwer sertifikate ontvang (80-89%): Regie: Emma Kotze, Jani van Wyk, Zandi Loots, Marné Nel, Marco Markgraaff. Toneelspel: Emma Kotze, Zandi Loots, Louis Keyter, Janien Raubenheimer. Klank: Jeannè Scholtz. Beligting: Nicola Alberts. Brons sertifikate (70-79%): Regie: Ulie Rademeyer & Tanya Marais, Amari Annandale en Joné Smith. Toneelspel: Amari Annandale, Joné Smith, Darné Claassen, Gavin Botha, Alet du Toit, Tanya Marais, Christo Marx, Carien Gerber, Jani van Wyk, Marco Markgraaff. Beligting: Ruan Koen.
Hierdie is pragtige prestasies waarop die hele DF familie baie trots kan wees!!
RUGBY OP GROOT SKERM
Die Oudstudente van DF het weer vir Saterdag, 8 Augustus ‘n vertoning van die toets teen die Wallabies op ‘n groot skerm in ons skoolsaal gereël. Koste R20 vir volwassenes en R10 vir studente en kinders. Kom ondersteun hulle asseblief en geniet ‘n lekker saam kuier! Die geld gaan vir geriewe by die skool wat die leerders sal gebruik.
Top 10 - Junie
|
|
GRAAD 8
|
GRAAD 9
|
GRAAD 10
|
GRAAD 11
|
GRAAD 12
|
|
1
|
Loock,
Danica
|
Barnardo,
Toshka
|
De Ridder,
Nikki
|
Röth,
Gerhardus
|
Deyzel,
Genevéve
|
|
2
|
Kannemeyer,
Mercy
|
Potgieter, Kyla
|
Matthee,
Talana
|
Theron,Annika
|
Naudé, Willem
en
Hattingh, Marchelle
|
|
3
|
Ferreira,
Simoné
|
Liebenberg,
Bianca
|
Crouse,
Lisé
|
Du Toit,
Elizabeth
|
|
|
4
|
Jordaan,
Amoré
|
Du Toit,
Christene
|
Raubenheimer,
Janien
|
Smith,
Joné
|
Scholtz,
Jeannè
|
|
5
|
Meyer,
Carice
|
Van Deventer,
Jade-Chloé
|
Prinsloo,
Marinus
|
Knoetze,
Karien
|
Petzer,
Lindie
|
|
6
|
Willemse,
Zuandré
|
Harris,
Kim
|
Keller,
Marlize
|
Greyling,
Annette
|
Alberts,
Nicola
|
|
7
|
Prinsloo,
Karel
|
Fox,
Trudie
|
Hulsman, Pierre
en
Horn, Jeanroux
|
Annandale,
Amari
|
Van Wyk,
Jani
|
|
8
|
Redelinghuys, Roelien
|
De Jager,
Lizé
|
|
Koen,
Ruan
|
Miskin,
Jason
|
|
9
|
Scholtz,
Gerrit
|
Van Eeden, Elzaan
|
Gouws,
Marolene
|
Hechter,
Rudolf
|
Gerber,
Carien
|
|
10
|
Keller,
Martin
|
Van Staden, Yolande
|
Gerber,
Aleesha
|
Van der Merwe,
Vinette
|
Hauman,
Jacomien
|
Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Top 10 kwalifiseer.
Hier volg die opsomming van die grade met hul uitslae:
|