|
Aleesha nuwe Mej.Oos-Kaap Hoërskool |
|
|
|
|
Geskryf deur Arno van Wyk
|
|
Donderdag, 12 Augustus 2010 12:46 |
|

Tydens die onlangse Mej. en Mnr. Oos-Kaap Hoërskool-kompetise het D.F. se meisies skitterend presteer.
Aleesha Gerber, Voorbladnooi 2009, het met die gesogte titel weggestap toe sy as die wenner aangewys is. Die feit dat Darne Claasen, tweede prinses Voorbladnooi 2009, aangewys is as Aleesha se eerste prinses tydens die Mej Oos-Kaap Hoërskool-kompetisie, verleen nog meer glans aan die uitslag. Baie geluk aan hierdie twee pragtige ambassadeurs van die skool!
Baie geluk ook aan Amari Annandale wat aangewys is as die beste gasvrou van al die deelnemende skole in die Oos-Kaap aan hierdie kompetisie. |
|
Laas Opdateer op Dinsdag, 24 Augustus 2010 21:25 |