Debat

Malherbiete neem jaarliks aan die Nasionale ATKV-debatskompetisie deel.  Ons skryf vir die Junior en Seniorkompetisie in.  Ons debatleerders het al verskeie kere hierdie provinsiale en interprovinsiale kompetisie gewen en selfs op nasionale vlak meegeding.

Tydens Interskole neem die Malherbiete ook aan ‘n debat deel.  Vir hierdie debat skryf ons ‘n tweetalige span in.

‘n Debateerder ontwikkel navorsingsvaardighede, kommunikasievaardighede, selfvertroue, spanwerk, die vermoë om fyn te luister en vinnig te dink aan.