Marimba Orkes

D.F. Malherbe se Marimba-orkes bied leerders die geleentheid om diverse musiekstyle op ‘n unieke en prettige manier te speel. Die orkes kan maksimum agt leerders akkommodeer en sal, afhangende van belangstelling, in meer groepe verdeel kan word. Oefeninge vind elke Dinsdagmiddag om 14:15 tot 15:30 in die musieklokaal plaas. Die orkes word gereeld genooi om by verskeie funksies op te tree en beplan om in die toekoms aan kunstefeeste en kompetisies deel te neem. Leerders hoef nie musiek te kan lees nie en sal die nodige tegniek en note aangeleer word.