VASVRA

Die Vasvraspan neem gedurende die eerste en tweede kwartaal aan die PE High Schools’ Quiz League deel. Daar is 10 skole wat deel uit maak van die liga naamlik: Grey, Collegiate, Pearson, Victoria Park, Alexander Road, St Dominic’s Priory, Theodor Herzl, Riebeeck College en Muir. Die leerders kry die geleentheid om tydens die 5 weke twee keer elke rondte deel te neem.

Elke skool kry die geleentheid om een keer as gasheer op te tree. Leerders moet die vrae opstel en as “quizmaster” optree. So word hulle bemagtig en brei hul hul algemene kennis verder uit.

Kompetisies waaraan leerders deelneem sluit die Varsity College Quiz en die ATKV Vlymskerp kompetisie in. In 2015 het Vasvra ook vir die eerste keer deel van die Interskole program uitgemaak. Leerders neem ook jaarliks aan die Wêreldkennis Olimpiade deel.Ons doelwit is om deur middel van deelname aan die liga en ander kompetisies leerders se algemene kennis uit te brei.