VCSV

Die VCSV is ‘n organisasie wat al meer as 100 jaar leerders begelei in hul verhouding met God. Die leuse van die VCSV is Verander lewens met passie. Ons glo dat Jesus moet terug kom in skole as Koning en Verlosser.

Die VCSV het ‘n hele aantal aktiwiteite wat deur die jaar plaasvind met die doel om lewens te verander en om Jesus Koning te maak in mense se lewens. Hier die aktiwiteite sluit die volgende in: Uitreike, kleingroep werk, dissipelskap, ‘n jaarlikse basaar, kamoe en hele aantal koffie kroeë en ander sosiale geleenthede.

DF Malherbe se VCSV tak is een van die sterkste in Port Elizabeth se skole en ons weet dat elkeen wat aan die VCSV deelneem, nooit met leë hande en harte huis toe gaan na ‘n kamp of byeenkoms nie. Jy sal verseker nie spyt wees as jy deel word van die VCSV familie nie.