Redenaars

D.F. Malherbe spog met ‘n trotse redenaarstradisie en het al verskeie kere in die verlede die beste senior redenaar in die land opgelewer. Daar is feitlik jaarliks provinsiale en interprovinsiale wenners.

Ons neem jaarliks aan die ATKV-Nasionale Redenaarskompetisie in die junior- en senior afdeling deel. Beide Huistaal en Eerste Addisionele Taalsprekers tree met sukses op.

Leerders leer hoe om navorsing te doen, toesprake te skryf en te lewer, en om op hul voete te dink. Sodoende ontwikkel hulle goeie selfvertroue.