GHOLF

Foto nr. 4 Gholf

DF Malherbe se gholfspanne neem deel aan die skole-liga. Die eerste span speel in die A-liga en die tweede span in die B-liga.

Die eerste span was in 2014 die wenners van die 1A-liga, wenners van die 2013-2014 Karoo Skoletoernooi en het vanaf 2012-2014 die Oostelike Provinsie verteenwoordig by die S.A. Skoletoernooi.

Vanaf 2013-2014 was DF Malherbe dus die beste skolespan in die Oos-Kaap. Die tweede span behaal elke jaar die derde plek.

Jacques Smith is in 2015 gekies vir die O/19, O/23 en senior O.P. gholfspanne.

Die spelers oefen elke Vrydag na skool en wedstryde vind Maandae op verskillende bane plaas.

Ons streef daarna om elke jaar ten minste 10 spanspelers te hê.