Muurbal

DF Malherbe se muurbalspan word al vir baie lank deur die bekwame mnr. S. Viljoen afgerig. Sy ervaring en kennis van muurbal is van uiterste belang om te verseker dat ons spelers die bes moontlike vaardighede aangeleer word.

Die spelers oefen op Donderdae by die Walmer Countryklub en wedstryde vind op Vrydagmiddae plaas. Ons verkies dat spelers by ‘n klub aansluit om sodoende ekstra individuele oefening te kry.

Die spelers word baie gemotiveer deur die feit dat ons jaarliks O.P. verteenwoordigers in ons span het.