RUGBY

DF Malherbe se eerstespan rugby vier hul oorwinning oor Despatch

Rugby het sedert die beginjare van Hoërskool D.F.Malherbe ‘n groot rol in die vorming van die skool se kultuur gespeel. Dit is belangrik dat daar n rugbykultuur bestaan by D.F.Malherbe, wat verseker dat D.F. se rugbyspanne, waar hulle ookal speel, harde, kompeterende rugby speel.

Rugby is steeds ‘n gewilde wintersport by Hoërskool D.F.Malherbe. Ons het vanjaar vyf spanne in die liga. Die meeste ouderdomsgroepe word deur ‘n D.F.Malherbe-leerkrag afgerig en word deur buite-afrigters bygestaan. Professionele afrigters word op konsultasie-basis gebruik om te help met die ontwikkeling van die nodige vaardighede en om ons spanne fiks te hou. Ons is gefokus is op die ontwikkeling van spelers, om sodoende hul toe te rus met die nodige vaardighede en blootstelling aan kompetisie.