SEUNSKRIEKET

Hoërskool DF Malherbe se seunskrieket bestaan uit O/14, O/15, O/19 A en B- spanne. Spanne word in die 1ste en 4de kwartaal ingeskryf om mee te ding teen ander skole van Port Elizabeth.

In die laer spanne word daar 20 boulbeurte gespeel en in die geval van die O/19- spanne word daar 50 boulbeurte gespeel. Wedstryde word op Woensdae en Saterdae gespeel by verskillende skole en soms ook op ons tuisvelde.

Ons doelstelling is om krieket as sport in DF Malherbe te bevorder sodat elke speler kan voel dat hy ‘n bydrae tot die span se sukses lewer.