TENNIS

IMG_0436

DF Malherbe se tennis word regdeur die jaar aangebied. Oefeninge vind op Maandae- en Woensdaemiddae vanaf 14:30 tot 15:30 onder leiding van ‘n professionele afrigter plaas.

Spanne word na gelang van die aantal spelers en hul spelpeil in die Port Elizabeth en distrikte skoleliga ingeskryf. Die somerliga vind in die eerste kwartaal plaas en die winterliga strek oor die tweede en derde kwartaal. Die dogters speel op Dinsdae middae wedstryde en die seunswedstryde vind op Donderdae plaas.

Na afloop van die liga in die derde kwartaal word daar elke Maandag en Woensdag rondomtalie wedstryde gespeel sodat spanne vir die volgende seisoen bepaal kan word.